Boekkategorieë
 
Kies 'n Outeur
 
Inkopielys
Geen items in lys nie
Voltooi Bestelling
 

Vallei van Gebed

Vallei van Gebed
Druk hier om te vergroot
Prys: R90.00
Uitgewer Kode: ISBN 978-0-958-46415-4
Outeur: Arthur Bennet
Graduering: Geen

Addisionele Inligting:
Bladsye: 230
Grootte: 154 x 223 mm
Hoeveelheid: Koop

 

VALLEI VAN GEBED

deur ARTHUR BENNETT

'n Versameling Puriteinse gebede en meditasies.

Alle Christene wil graag bid, maar meeste sukkel om te bid. Hierdie bundel help daarmee, want die siel léér bid, deur te bid.

Kommentaar:

"My sonde is nie soseer hierdie of daardie boosheid / oortreding nie... maar eerder my voortdurende stotterende of kort gebede tot God. Ek kan nie sonder hierdie bundel nie."                     Josef Coetzee, WoordVerspreiding Uitgewers

"Dis so ryk en gepak, mens kan skaars meer as een per dag lees."

"Dis 'n kragtoer in Afrikaans! Diep geestelike kontak word byna poëties verwoord en maak die leser deel van 'n intieme verhouding met God."        Susan Lucouw, Corals uitgewers.

Dikwels het gebede wat spontaan gebid word 'n gebrek aan variasie, ordelikheid en afbakening omdat daar gewoonlik nie eintlik voorberei word nie. Hiermee kan die Puriteine se sorg en skriftuurlike deeglikheid ook ander mense help in hul toenadering tot God. Die krag van hul karakter het in gebed en meditasie gelê en hul het baie gebede neergeskryf wat vandag 'n belangrike deel van die Christelike geïnspireerde literatuur uitmaak.

Die boek is saamgestel om Christene aan te spoor en te bemoedig op die pad wat ander reeds voor hulle geloop het.

Omdat 'n biddende lewe die kenmerk van ware spiritualiteit is, is 'n biddende gees nie net belangrik nie, maar ook die beste vorm van gebed.

Nico van der Walt sê die volgende oor 'Vallei van Gebed' in sy voorwoord:

"Aan enige voornemende koper kan ek net sê: Verkoop jou jas en skaf hierdie boek aan. Jy sal nie spyt wees nie. Die gebede sal jou hart so warm laat klop dat jy in elk geval nie meer die jas nodig sal hê nie!"

  Ook in Engels: Valley of Vision.

Skryf Hersiening
U Naam en Van:


U Opinie: NB: HTML word nie gehanteer nie!

Graduering: Sleg            Goed

Tik asseblief die kode onder in:

Daar is nie addisionele inligting vir hierdie boek nie.