Boekkategorieë
 
Kies 'n Outeur
 
Inkopielys
Geen items in lys nie
Voltooi Bestelling
 

Welkom By WoordVerspreiding

Uitgewers met 'n Missie

Daar is grondwaarhede in die Bybel, die leerstellings wat Jesus en die apostels verkondig het, wat alle Christene behoort te ken en te verstaan, ongeag hulle kerkverband. 
WoordVerspreiding beywer hom daarvoor om hierdie waarhede te help vesprei - in Afrikaans, en in 'n maklik leesbare vorm. Ons doel is om gelowiges toe te rus om in die moderne Suid-Afrika te oorwin oor sonde, 'n steeds intiemer verhouding met Jesus Christus te beleef, en leerders van ander te word.

Daar is reeds etlike publikasies op die mark. Die reeks dek 'n verskeidenheid onderwerpe en word geleidelik uitgebrei.

Omdat die eienaars die uitgewery bedryf as 'n bediening en nie 'n besigheid nie, word die boeke teen onder kosprys verkoop.

WoordVerspreiding ontvang graag voorstelle en opbouende kritiek van lesers wat hom in staat sal stel om aan die leesbehoeftes van Christene te voldoen.

DS SOLLY OZROVECH SE KOMMENTAAR:

Een van ons geliefde professore op Universiteit het met sy afskeidsboodskap aan ons klas 'n waarheid kwytgeraak wat 'n onuitwisbare indruk op my gemaak het en my lewe lank by me gebly het: "1. Lees! 2. Lees! 3. Lees!" Dit wil vir my voorkom asof ons mense baie minder lees - as gevolg van die rekenaar, die TV, die rolprent en die media. 

In 'n eerbare poging om hiedie leemte reg te stel, het "WoordVerspreiding: Die Uitgewers met 'n Missie" reeds talle prominente geestelike boeke vertaal vir beide volwassenes en kinders. Hulle lewer vir ons boeke van gehalte, wat teologies korrek is en wat in soepele, byderwedse en verstaanbare Afrikaans geskryf is en voorsien word teen bekostigbare pryse.

Soli Deo Gloria
Solly Ozrovech


Boekkategorieë
Boeke
Boeke
3-in-1 Familie-Bybel
3-in-1 Familie-Bybel